The Satanic Bible

The Satanic Bible is in die Walpurgisnag van die jaar 1968 deur Anton Szandor LaVey (1930-1997), die stigter van die Kerk van Satan, geskryf. Sy "Sataniese Bybel" is 'n versameling essays, opmerkings en grondleggende Sataniese rituele. Die boek verduidelik daarnaas ook LaVey se Satanise ideologie, wat na sy bewering onder meer deur Macchiavelli, Friedrich Nietzsche, Ragnar Redbeard en Ayn Rand beïnvloed is.

Die boek bevat die kernbeginsels van Satanisme en word ook as die grondslag van die filosofie en dogma beskou wat Satanisme behels. LaVeyaanse Sataniste beweer dat The Satanic Bible nie uitgelê of hersien mag word nie en dat geen weersprekende voorskrif of beginsel in Satanisme mag toegepas word nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search